Skip to product information
1 of 3

Belle's Books secondhand books

Wees Versigtig - Thomas@moord.net - Carina Diedericks-Hugo

Wees Versigtig - Thomas@moord.net - Carina Diedericks-Hugo

Regular price R 25.00 ZAR
Regular price Sale price R 25.00 ZAR
Sale Sold out
Shipping calculated at checkout.

Thomas staan op. Dit klink soos sy drukker! Hy stap na die drukker toe. Flippit! Sy drukker is besig om een papier na die ander uit te spoeg. Dis mos onmoontlik – die drukker kan nie druk as die rekenaar afgeskakel is nie! Hy buk om een van die papiere op te tel wat op die grond le. Sy hand bewe liggies. Op die bladsy staan in swart hoofletters:

You are not safe. Asof ‘n slang hom gepik het gooi hy die papier neer. Hy beweeg sy muis woes heen en weer. Die rekenaar is beslis af! Die drukker hou vir ‘n oomblik op en hy staar na die papierbesaaide lessenaar. Hy stap versigtig agteruit, te bang om sy rug te draai. Die drukker is weer besig om te druk. Hy stap versigtig nader en lig een van die papiere uit die drukker se laaitjie: He will come again. Vir ‘n oomblik kan hy nie beweeg nie. Alles om hom word donker en hy knip-knip sy oe.

medium paperback - light signs of use

View full details