Alda van droomberg - Marie van der merwe
Alda van droomberg - Marie van der merwe
Couldn't load pickup availability
Share
Medium hardcover, cover has some wear, name written first page
Alda Wenning, ’n topmodel, besoek na ’n lang afwesigheid weer die plaas waarop sy grootgeword het – Kamoela, wat by die Droomberg geleë is. Op pad soontoe vind sy dat die spruitjie waaroor sy moet ry, in vloed is. Dis ’n baie seldsame gebeurtenis. Sy huiwer eers, maar besluit dan om dit te waag, want haar pleegmoeder, Lise Wenning, wag seker al vir haar.
Haar motor word egter deur die water meegesleur en sy kom net-net met haar lewe daarvan af. Toe sy uit ’n koma bykom, kom sy agter dat baie dinge in haar afwesigheid verander het. Die plaasbestuurder, Adam Barnard, en sy dogtertjie, Patrys, woon by haar pleegmoeder in die huis en dit lyk asof hy heelwat seggenskap het. Boonop lyk dit asof Lise gedurig vir Adam skerm.
Toe ontmoet sy vir Bettina, Adam se ma. Dié is uit die staanspoor baie bitsig teenoor Alda. Sy laat blyk boonop dat sy by Adam gaan kom bly wanneer hy met dokter Kate Wakeford trou. Dan sal sy die septer swaai en almal resigien.
Waarom tree almal so vreemd op? Watter houvas het hulle op Lise? En waarom is Adam so vol argwaan teenoor Alda?
Haar tuiskoms wat net vreugde moes bring, verander in ’n bittere soet ervaring. Sal geloof en liefde genoeg wees om Alda hierdeur te dra?
Lesers wat Marie van der Merwe se Dokter Debbie geniet het, sal ook veel plesier vind in Alda van Droomberg, nog ’n inspirerende verhaal uit haar pen.
