Skip to product information
1 of 4

Anderkant Timboektoe - Liesl Louw

Anderkant Timboektoe - Liesl Louw

Regular price R 35.00 ZAR
Regular price Sale price R 35.00 ZAR
Sale Sold out
Shipping calculated at checkout.

medium paperback, 

Dink mens aan Wes-Afrika, dink jy aan woestyn en kamele, Bedoeiene en swaar tekstielweefstof, silwer juweliersware en stomende speserye. Tog is daar naas die bykans mistieke idille-beeld mediaflitse van honger en armoede, politieke onstabiliteit en diktatorskap, vrees en verskrikking.

As vryskutjoernalis in Dakar kry Louw die geleentheid om lande soos Senegal, Togo, Ghana, die Ivoorkus en Burkina Faso nie net as “toubab” (Westerling) en toeris te besoek nie, maar kry sy ook glimpse van die streek se hartklop: onreg, ongelykheid en onmag wat dekades na die val van kolonialisme nog die vinger wys na Europese hebsug ... maar ook die kuns, die kleur en die ritme van ’n leefstyl so diep verweef met die waai van die wind, die skakerings van sandduine en die val van die Afrika-son dat dit byna anderkant Westerse woordeskat le. Anderkant ’n eerste kyk. Anderkant Timboektoe.

View full details