Skip to product information
1 of 2

Belle's Books secondhand books

Bambaduze - Derick van der walt

Bambaduze - Derick van der walt

Regular price R 35.00 ZAR
Regular price Sale price R 35.00 ZAR
Sale Sold out
Shipping calculated at checkout.

Die uitdrukking 'Bambaduze' is die hoofkarakter se uitspraak van die Zoeloe-frase wat 'hou my vas' beteken.

Na sy broer se dood en sy ma wat hulle verlaat het om in Engeland die trauma van haar kind se dood te probeer ontvlug, lei Jurie en sy pa 'n afgesonderde lewe in Pretoria. Maar Jurie, 'n gemiddelde Gr 11 seun, lei 'n dubbele lewe. Hy steel karre, maar ook nie werklik steel nie: hy gaan ry 'n paar draaie en parkeer dan die motor iewers.
Dit is sy manier van ontvlugting van die trauma van sy broer se dood en die verbrokkelde verhouding met sy pa.

Wanneer hy die eerstejaarstudent Nandi Ngobeni ontmoet, kan hy vir die eerste keer praat oor wat hom so diep ontstel, maar Nandi het ook haar eie probleme.
Hierdie boek verwoord 'n seun se uiting van verlies, maar ook die verligting wat aanvaarding kan bring, en is uiteindelik 'n wonderlik inspirerende storie van die heelwordproses na trauma.

 

light signs of use

View full details