Berg van die geliefdes - Wille Martin
Berg van die geliefdes - Wille Martin
Couldn't load pickup availability
Share
Medium paperback
Alta Beneke vlug Argentinië toe met haar jonger suster, Marinella, ná sy dié se vermeende verkragter op hul plaas in Duitswes doodgeskiet het. Op haar oom Boet se plaas in die voetheuwels van die Andesberge moet hulle egter uitvind dat hy op sy beurt Duitswes toe is.
Terwyl Alta-hulle op sy terugkoms wag, daag Jack Smith, ’n aantreklike vreemdeling wat aan geheueverlies ly, ook daar op. Vir Alta is sy opwagting manna uit die hemel, want sy sit in ’n penarie met Marinella wat as gevolg van die verkragting nie net stom is nie, maar ook swanger.
Hoewel hy aanvanklik teensinnig is, willig die plaaslike priester, vader Ambrosius, tog in om die twee in die huwelik te bevestig. Maar ná die troue toon Jack meer belangstelling in Alta, die lelike eendjie, as in haar swaan van ’n suster, en hy gee oënskynlik nie om dat die buurman se seun by sy vrou kom kuier nie . . .
Met Berg van die Geliefdes slaag Wille Martin weer eens daarin om die leser mee te voer na die “land van silwer” vroeg in die huidige eeu, toe selfs die skurke nog gasvry was en die gaucho’s geweet het hoe om teenoor ’n vrou op te tree.
