Skip to product information
1 of 4

Beyersgeluk - Liesbet Uys

Beyersgeluk - Liesbet Uys

Regular price R 25.00 ZAR
Regular price Sale price R 25.00 ZAR
Sale Sold out
Shipping calculated at checkout.

Medium hardcover, pages starting to yellow

Eve Rutland gryp die kans aan om ingevolge ’n uitruilskema in Suid-Afrika te gaan verpleeg, aangesien dit haar oorlede ma se geboorteland was. Haar oupa bly nog daar, maar sy wil niks van hom weet nie omdat hy haar ma weggejaag het toe sy met ’n Brit wou trou.

Groot is haar verbasing toe sy ná ’n paar maande in kennis gestel word dat haar oupa oorlede is en dat sy twee plase erf. Daar is egter ’n voorwaarde aan die erflating verbonde: sy moet ’n jaar lank op die een plaas woon én sy mag nie met ’n Engelsman trou nie.

Omdat Eve minderjarig is, het haar oupa sy buurman, die aantreklike Julius Meiring, as haar voog aangewys. Maar Eve het nie verniet rooi hare nie, en sommer van hulle eerste ontmoeting af spat die vonke tussen hulle...

 

View full details