Bloedspoor oor die maan - Bets Smith
Bloedspoor oor die maan - Bets Smith
Couldn't load pickup availability
Share
VOETSTOOTS
’n Mooi student word vermoor, en dan nog een, en die polisie besef dat daar waarskynlik ’n reeksmoordenaar op die kampus bedrywig is. Meteens is geen vrou haar lewe op die kampus seker nie, en elke man is ’n verdachte. Selfs ’n nuwe verhouding is taboe, want hoe kan ’n meisie seker wees dat haar nuwe liefde nie tot haar dood gaan lei nie?
Wie is die man wat die meisies se vertroue in so ’n mate wen dat daar geen tekens van worsteling op die moordtonele is nie? En waarom word soveel Keltiese rituele weerspieël in dit wat die moordenaar nalaat? Die polisie vermoed dat die moordenaar ’n kenner van die Keltiese geskiedenis is, en dit laat die kring van verdagtes kleiner word: daar is vier dosente wie se vakgebiede hulle kenners maak, en hulle kan op die kampus kom en gaan sonder om enige agterdog te wek. Een van hulle is waarskynlik die moordenaar, maar wie?
Bloedspoor oor die maan is ’n boeiende spanningsverhaal wat die leser tot op die einde aan die raai sal hou
