Skip to product information
1 of 3

Diamantspel - Martie de Villiers

Diamantspel - Martie de Villiers

Regular price R 25.00 ZAR
Regular price Sale price R 25.00 ZAR
Sale Sold out
Shipping calculated at checkout.

Medium hardcover

Doktor Illa le Roux kan nét nie uitpluis presies waar die gemorsspul begin het nie. En sy is baie kwaad daaroor dat Barry, haar kollega, haar in die eerste plek daarby betrek het. Sy het ’n marinebioloog geword omdat sy lief is vir die see, die natuur, rustigheid en vrede; nie om die twyfelagtige avontuur van smokkelary en agtervolging deur die polisie te beleef nie. Boonop is die speurder, luitenant Wilson, so blatantly ongeskik en agterdogtig dat sy nie eers lus is om te probéér behulpsaam wees nie.

En dan is daar dokter Brandt de Wet, die arrogante, konserwatiewe, bevooroordeelde man wat dink sy en haar surfer-broer, J.J., het tog só ’n slegte invloed op sy familie-ooronderde suster. As sy net behoorlik kon konsentreer wanneer sy met die lang, donker man baklei, sou sy ook al aansienlik beter gevoel het!

Martie de Villiers skryf vir haar ’n breë pad oop in die romanwêreld met haar debuutverhaal Diamantspel.
Dis ’n heerlike lekkerleesroman vol humor en intrige; ’n liefdesverhaal wat by uitstek geskik is vir ’n lui-lekker leessessie.

View full details