Die Beroepsbruidegom - Konsalik
Die Beroepsbruidegom - Konsalik
Couldn't load pickup availability
Share
Large Hardcover - pages starting to yellow - moderate wear
Robert Brook is ‘n Amerikaner in die fleur van sy lewe vyf-en-dertig jaar oud en ongetroud. Sy rolprentheld-voorkoms verberg ‘n sagte hart en ‘n sensitiewe siel. Op dic oomblik is hy nog maar net kerk-orrelis in Atlanta, maar sy groot ideaal is om ‘n beroemde musikus te word.
Dan tref die ongeluk hom: hy erf. Hy erf sy oom Steve Hamilton se roomyskafee in Las Vegas, en daarmee saam sy oorlede oom se boedel vriende: die wulpse Jenny, sy allerbeste vriendin; Sheriff Brass, sy ongewone regsvriend; regter De Trajano, die egskeidingsekspert; Luigi Galezzano, sy beskermheer uit die Mafia. Die roomyskafee wil nie vlot nie. ‘n Koerantberig bring Robert op die gedagte om sy Rock Hudson-voorkoms op ‘n ander gebied in te span.
In Europa, maak die berig hom wys, sit baie meisies en smag na ‘n Amerikaanse eggenoot, op wie se paspoort hulle sommer vinnig Amerikaners kan word. En hulle is bereid om te betaal vir die diensie. Robert sit af Europa toe. Met wettige kontrak en vooraf gereëlde egskeidings gaan hy so gou moontlik ‘n paar huwelike en egskeidings afhandel, en van elke bruid ‘n bruidskat invorder. So gebeur dit ook, en voordat hy weet wat hy aangevang het, het hy hom siel en liggaam uitgelewer aan ‘n hele optog verliefde vrouens wat elkeen ‘n stukkie van die onvergelyklike Bob wil bly behou.
Die beroepsbruidegom is ‘n sprankelende roman, vol geestigheid en humor, ‘n komedie waarin Konsalik meesterlik daarin slaag om ons menslike swakhede in ‘n nuwe gedaante vir ons op te dis. Dis moeilik om nié vir hierdie beroepsbruidegom lief te word nie.