Skip to product information
1 of 4

Die Brandende Vuur - Jana Coetzee

Die Brandende Vuur - Jana Coetzee

Regular price R 20.00 ZAR
Regular price Sale price R 20.00 ZAR
Sale Sold out
Shipping calculated at checkout.

Medium Hardcover, pages starting to yellow

Andrea Naude is so ’n toegewyde Christen dat sy haar verhouding met Bertus Malan verbreek omdat hy nie in dieselfde mate as sy in God glo nie. Dan eerder ’n lewe saam met ’n medegelowige soos haar kollega in die sendingveld in KwaZulu-Natal, Gerald Roux, vir wie sy kan leer liefkry.

Maar die liefde laat hom nie voorskryf nie, kom sy agter toe sy en Gerald Ecuador toe gaan om ’n vroulike kollega wat deur die Aggus-stam ontvoer is, te probeer opspoor, en hulle weer vir Bertus daar raak loop. Die magnetisme wat voorheen tussen hulle was, het nog nie verdwyn nie, al probeer sy dit met mag en mening ontken.

Uit desperaatheid vra sy Gerald om sommer daar in Suid-Amerika met haar te trou, maar toe gryp die Voorsienigheid op meer as een terrein in

View full details