Skip to product information
1 of 4

Die geheim van 'n vervulde lewe - Max Lucado

Die geheim van 'n vervulde lewe - Max Lucado

Regular price R 40.00 ZAR
Regular price Sale price R 40.00 ZAR
Sale Sold out
Shipping calculated at checkout.

Large paperback

NIE-FIKSIE, CHRISTELIK

God het net één jy gemaak

Hy het jou met sorg ontwerp vir ’n unieke taak. Hy het die kurwes van jou lewe gevorm om te pas in ’n spesifieke plek in sy legkaart. Maar hoe weet jy wáár jy inpas? Max Lucado gee die antwoord:

⇨ Ontdek wie jy is deur jou S.T.O.R.I.E. te bestudeer (jou Sterkpunte, Tema, Optimale omstandighede en Regte verhoudings wat jou laat sê: Dít is Ek hierdie!)
⇨ Maak dit jou fokus om God te verheerlik
⇨ Leef dit elke dag van jou lewe uit

Om jou hiermee te help, kan jy die ‘ontdekkingsgids’ aan die einde van die boek gebruik. Daarin kry jy die geleentheid om jou S.T.O.R.I.E. toneel vir toneel te verken sodat jy kan sien hoe jou ervaring en vermoëns in God se plan vir jou lewe inpas.

Jou lewe het ’n plan; jou lewensjare ’n tema. Jy kan iets doen wat niemand anders kan doen nie. Die geheim van ’n vervulde lewe sal jou help om te verstaan hoe jou vermoëns jou lewensdoel openbaar … en hoe jy die sleur van die alledaagse kan oorkom deur in jou ‘kragkol’ te begin leef.

View full details