Skip to product information
1 of 6

Die lewe is 'n lentelied - Mike Heine

Die lewe is 'n lentelied - Mike Heine

Regular price R 15.00 ZAR
Regular price Sale price R 15.00 ZAR
Sale Sold out
Shipping calculated at checkout.

Medium hardcover. Dust jacket has some light wear, cover has some light wear

Isabelle Cloudon se ouers, die markies en die markiesin Cloudon, het haar as kind reeds as vrou aan André Bache, die seun van ’n ou vriend, belowe. Isabelle hou egter nie van hom nie en toe sy een aand tydens ’n partytjie vir Hercule du Buis ontmoet en tot hom aangetrokke voel, is die gort gaar. André voel beledig en daag Hercule tot ’n tweegeveg uit waarin hyself die slegste daarvan afkom.

Intussen waarsku ’n vriend van die gesin, skeepskaptein Ignace Fouché, die markies dat die koning van Frankryk binnekort die Edik van Nantes gaan herroep en dat hulle gereed moet maak om saam met hom op sy skip na die Kaap te vlug. André Bache kom van hulle planne te hore en besluit om dit uit weerwraak vir sy nederlaag te fnuik.

Isabelle is self nie geneë om die land te verlaat nie, aangesien sy dink dat dit net ’n slim set van die “bejaarde, gesette” kaptein Fouché is om hulle eiendom in die hande te kry. Boonop wil sy nie nou van Hercule geskei word nie.

Toe Isabelle vir Ignace ontmoet, is sy egter verras, want hy is nie oud nie en het ook nie ’n boepens nie. Inteendeel, hy is baie aantreklik en net tien jaar ouer as sy! Die vonke spat dadelik tussen die twee, want hy behandel haar nog asof sy ’n kind is en sy dink dat hy ’n losbol is wat vroueharte links en regs breek...

Mike Heine het weer eens ’n treffer beet met dié verhaal wat hom afspeel in die Frankryk van die Hugenote met nie net sy godsdiensvervolging nie, maar ook sjarmante mans, beeldskone vroue en tweegevegte. Dit verskaf ure se leesgenot.

View full details