Skip to product information
1 of 3

Die Merk - Tim Lahaye & Jerry B. Jenkins

Die Merk - Tim Lahaye & Jerry B. Jenkins

Regular price R 45.00 ZAR
Regular price Sale price R 45.00 ZAR
Sale Sold out
Shipping calculated at checkout.

Medium paperback, moderate wear

Christelike Fiksie - Left Behind # 8

Sy Eksellensie Nicolae Carpathia, Potentaat van die Wêreldgemeenskap, is terug. Maar hierdie keer is hy Satan self. Nicolae Carpathia – na drie dae verrys – is nie meer die gawe kêrel nie. En as die dier draai hy die skroef al stywer aan as regeerder van die wêreld.

Goed verskans in ’n nuwe skuiling ly die Mag teen Verdrukking tragiese verliese. Die tweede helfte van die Verdrukking, te wete die Groot Verdrukking, het pas aangebreek.

Rayford en ’n verdagte kollega vertrek per straler weswaarts op ’n besondere reddingsending en genadedaad. Maar die resultate is skokkend.

Vrees oorval die gelowiges in Griekeland wanneer hulle van die eerstes is wat gekonfronteer word met ’n trein waarin die lojaliteitsmerk van die WG aangebring word. Meer nog, hulle maak kennis met die besondere apparaat, bekendgestel as die lojaliteit-afdwingbaarheidsfasiliteerder, wat vir alle burgers as vriendelike aansporing moet dien om die merk te aanvaar. In werklikheid is dit ’n afskuwelike uitwissingsapparaat vir onbelymners.

Die Mag teen Verdrukking se binnespioene in die paleis in Nieu-Babilon staar tragedie en gevaar in die gesig.
Hulle moet vlug, die merk aanvaar of die gevolge dra.

Intussen beplan Carpathia sy openlike aanslag op die sogenaamde Judaiëte. Die Mag teen Verdrukking maak op hulle beurt gereed vir hulle mees ambisieuse teenaanval ooit. Die stryd tussen die magte van goed en kwaad bars nou met mening los. In hierdie stryd gaan dit om die behoud van die siel van manne en vroue dwarsoor die wêreld.

View full details