Skip to product information
NaN of -Infinity

Die Oorblyfsel - Tim Lahaye & Jerry B.Jenkins

Die Oorblyfsel - Tim Lahaye & Jerry B.Jenkins

Regular price R 45.00 ZAR
Regular price Sale price R 45.00 ZAR
Sale Sold out
Shipping calculated at checkout.

Medium Paperback - some yellow marks on some pages 

Christian Fiction

Sy Eksellensie Wereldgemeenskap-potentaat Nicolae Carpathia het sy oudste en nuutste vyande presies waar hy hulle wil hê: in hulle miljoene saamgetrek by Petra en binne die bereik van twee bomme en ‘n missiel wat niemand sal oorleef nie, tensy daar ‘n wonderwerk plaasvind.

Intussen is die nuutste lid van die Mag teen Verdrukking nog steeds die gyselaar van ‘n groep Grieke wat reeds drie ondergrondse Judaiete vermoor het. Mac McCullum, Chloe Steele Williams en Hannah Palemoon is vasbeslote om Sebastian tot elke prys te red, maar hulle kan hulle nie indink hoe hoog daardie prys gaan wees nie. Die aarde, nou slegs ‘n puinhoop van sy vorige glorie, wankel onder die gewig van die oordele uit die hemel wat al erger word. Carpathia maak die wêreld warm vir Christene, Jode, Moslems en enigiemand anders wat nie algehele trou aan hom sweer nie.

Die Mag teen Verdrukking se aliasse en geheime skuilplek in die Strong-gebou is blootgelê en dit dwing Rayford Steele, Buck Williams en die res van die lede om vir hulle lewe te vlug terwyl hulle terselfdertyd weerstand moet bied teen die Antichris. Geestelike leier Tsion Ben-Judah hou vol dat ten spyte van die geweldige oordele, hierdie donker tydperk van nood net soveel ‘n teken is van God se genade as van sy toorn. Net die wonderbare ingryping deur hemelse magte gee aan die gelowiges ‘n gebed teen die genadelose aanslag van die WG-vredeswagte en die Moraalmonitors.

Niemand beweeg meer onder valse voorwendsels nie, selfs nie die Antichris nie. Die planeet stuur af op Armageddon en daarmee saam op die beslissende konfrontasie tussen die goeie en die bose.

 

View full details