Die ponies galop - Yolanda Barnard
Die ponies galop - Yolanda Barnard
Share
Seks en Skandale van die Sterre Onthul
Die ponies galop – Seks en skandale van die sterre onthul deur Yolanda Barnard, van Glitterati-faam en Sondag-joernalis, is ’n binnevertelling van haar interaksie met vêr meer as 100 bekendes in Suid-Afrika. Dit is ook ’n outobiografie van haar lewe in die media oor ’n tydperk van langer as vier jaar. Haar eie hartseer en vreugdes. Die moord op haar suster se verloofde. Hoe sy in die middel van die nag op die snelweg deur rowers aangehou is.
Geen ster word gespaar nie en sy neem die leser na die ‘agterkamer’ met ’n paar nuwe en skokkende onthullings. In haar bekende ondersoekende styl delf die skrywer in egte ponie-trant in die doen en late van die bekendes. Sy toon ook dat die sterre bloot ook maar mense is wat foute maak. Die boek bied verdermeer ’n interessante blik op die poniebladbedryf in Suid-Afrika, hoe dit in Suid-Afrika ontwikkel het en hoe dit figureer.
Wat weet die media? Berig hulle nie net oor die punt van die ysberg nie? Hoekom is die skades en skandes van bekendes nuus? Het die bekendes die media nodig of het die media die bekendes nodig? Wie vry na wie?
Haar vertelling hoe Paul Kruger in die Ou Raadsaal, op Kerkplein, vir haar “loer”, laat mens lekker lag. Die andersheid van Loftus wanneer Angus Buchan daar optree, bring ’n eie rustigheid en vrede. Dit is ’n menslike boek met ’n lag en ’n traan.
Barnard se love-hate verhouding met bekendes is
Ek het ’n storie geskryf en Charles was smoorkwaad vir my. “Ek sal jou met ’n blompot doodbliksem,” was die boodskap wat ek via vriende gekry het. Ek en Charles – vandag noem ek hom Charlie – het later oor ’n bier vrede gemaak. “Moenie die boodskapper skiet nie,” het ek daardie dag vir Charles gesê. “Jaco het die dinge beweer en ek het daaroor berig. Onthou koerante is soos spieëls. Ons skryf net wat in die spieël weerkaats word.”
Hoe sê die "’n Tyd vir vrede en ’n tyd vir haat. ’n Tyd vir oorlog en ’n tyd om lief te hê."
"Almal is mense. Almal maak foute. God het aan almal talente gegee. Party is sangers of akteurs. Ander is joernaliste."