Die vaart na vuurland - Konsalik
Die vaart na vuurland - Konsalik
Couldn't load pickup availability
Share
Medium Paperback - name written inside front cover
“In Februarie vaar ons vier uit, dan begin ‘n avontuur wat ons elkeen sal verander.”
Die avontuur is ‘n oseaanvaart deur twee mans en twee vrouens op ‘n beknopte klein seiljag, en een van die vier, Helena Sydgriff, is aan die woord. Dis goed om jou vooraf reg in te stel, maan sy verder, want “ons gaan ondenkbare afgronde in onsself ontdek. Ons sal geestelik so naak wees dat ons ons rede nie sal kan vertrou nie.” Sy is die kalm, nugter spanlid — broodnodige eienskappe op ‘n minia-tuurjag in ‘n ontdekkersvaart na Vuurland.
Maar kan ‘n mens jou op waansin voorberei, op die monster wat op die dek staan as ‘n mede-avonturier sy beskawingsmasker afgooi? Jan Troski, kru buffel en moeilikheidmaker, laat jou hieroor wonder. Dan sê hy boonop daar is geen vonk waar daar geen wrywing is nie. Psigopaat, of net emosioneel onvolwasse?
Die vier se ware kleure begin wys. Kyk na Lucrezia Panarotti met haar pragtige, kragtige lyf. Is sy ‘n ligsinnige nimfomaan, of dalk nog sielkundig die sterkste een? Of Peter von Losskow. Hy wil bewys dat die mens die see en hemelruim kan oorheers, maar eerder as teen die vyandige oseaan, kom hy in ‘n verbete geveg te staan teen die mens se aggressie en eiewaan, wat in moordsug eindig.
Maande lank duur die vaart na Vuurland. Maande van ontbering na liggaam en gees; maande waarin dit voel die jag krimp al nouer om hulle terwyl die oseaan al groter word. Die droomvaart word ‘n hellevaart, die onontdekte word êên vraag: Wie gaan oorleef?