Die Visitasie - Frank Peretti
Die Visitasie - Frank Peretti
Couldn't load pickup availability
Share
Large paperback, moderate wear
Christelike Fiksie - gruwelverhaal
Daar het nooit enigiets opwindends in Antioch in die ooste van Washington gebeur nie … Toe word dit sonder enige waarskuwing skielik ’n poort vir die bonatuurlike: van gesigte van engele en Messiaanse beelde wat in die wolke materialiseer tot ’n huilende Christusbeeld met helende kragte. Hierdie wonderwerke is egter net die begin van iets baie groters: die wederkoms van die Messias soos in die Bybel voorspel. En dan is daar die geheimsinnige verskyning op ’n nabyegeleë plaas van ’n selfbenoemde profeet met ’n boodskap … Maar kom die boodskap van God af?
In hulle soeke na antwoorde en behoefte aan wonderwerke, stroom die nasionale media – saam met hordes nuuskieriges – na die halfvergete dorpie. Maar wat goed is vir die plaaslike besighede, het die teenoorgestelde effek op Travis Jordan. Hierdie uitgebrande, voormalige leraar het probeer om sy verlede in Antioch te begrawe. Nou is die hele wêreld hierheen op pad om die Messias te vind, en in die proses word elke geestelike waarheid bevraagteken wat hy ooit geglo het. Die skokkende geheim agter hierdie verskynsel lei uiteindelik tot ’n konfrontasie tussen een man en die bonatuurlike wat die lewens van die betrokkenes vir altyd verander.
Die Visitasie is ’n epiese stryd tussen die magte van lig en duisternis wat die leser tot in die laaste nag ure boei. Frank Peretti is die onbetwiste meester van bonatuurlike rillers en daar is al meer as agt miljoen kopieë van sy boeke wêreldwyd verkoop.
