Skip to product information
1 of 4

Die vrou van Schoonegevel - Rene Stegmann

Die vrou van Schoonegevel - Rene Stegmann

Regular price R 25.00 ZAR
Regular price Sale price R 25.00 ZAR
Sale Sold out
Shipping calculated at checkout.

Medium paperback, yellowing pages, writing inside cover back and front and first page

„Die blomriet is al dofrooi in die dieper skemer toe Erna eindelik haar hand uitsteek en met die klopper drie maal hard op die koperplaat timmer. Sy het haar met inspanning uit die vrees en vertwyfeling losgemaak, ’n oomblik het al die verwarring weggesterf en toe weet sy helder en seker dat sy hier moet ingaan.”

Hierdie oomblik is ’n keerpunt in die lewe van Erna Lochner. Tog sou dit nog lank duur voor sy kon weet of sy daardie dag die regte besluit geneem het of nie.

Intussen bly daar nog baie tergende vrae oor. Wat is die skaduwee van ongeluk wat lê oor die praglandgoed Schoonegevel en oor sy mense – die beroemde jong chirurg Hein Wicht en sy vrou, die beeldskone Linda-Jeanne? Hoekom offer Erna haar loopbaan as welsynswerker op om gesellin te word vir Linda-Jeanne? En hoekom hou sy die ander helfte van haar lewe so sorgvuldig verborge, hoekom weier sy om haar moeilikhede met enigemand te deel?

View full details