Dit gaan nie oor my nie - Max Lucado
Dit gaan nie oor my nie - Max Lucado
Couldn't load pickup availability
Share
small - medium paperback , moderate wear
DAAR IS MEER AAN HIERDIE LEWE AS WAT JY GEDINK HET
Van ons geboorte af wil ons hê dinge moet uitwerk soos ons dit wil hê…
“Ek wil ’n huweliksmaat hê wat my gelukkig maak
en kollegas wat altyd my opinie vra.”
“Dit moenie reën as ek sonskyn wil hê nie,
die ander karre moet padgee as ek verbykom
en die regering moet my dien.”
Selfverheffing. Selfbehoud. Selfgesentreerdheid…
“ALLES GAAN OOR MY.”
Dis wat almal ons vertel het, nie waar nie? En ons het dit geglo. Ons het gedink selfverheerliking sal ons gelukkig maak…
Maar watter chaos het hierdie filosofie nie veroorsaak nie! Geen wonder ons huise is so lawaaierig, besighede so stresbelaai, en harmonie so skaars nie. Ons het so baie maer hase gejaag dat ons die vet een gemis het: die God-gesentreerde lewe.
Indien jy daarna verlang om doelgerig vir God te lewe, moet jy hierdie waarheid besef: die lewe het sin en betekenis wanneer ons ons plek daarin aanvaar. Wanneer ons ons probleme, gawes en talente gebruik tot eer van die Een wat ons gemaak het, sal ons ontvang wat ons verloor het en kry waaraan ons gesoek het.
Kom ontdek saam met Max Lucado hoe om ’n skuif te maak wat jou lewe sal verander. Hoe om los te kom uit jou selfgesentreerdheid. Hoe om te verander en die doelgerigte lewe te leef wat God vir jou in die vooruitsig stel. Jou ontdekkingsreis begin hier.
