Skip to product information
1 of 3

Drie maal een is een - Piet Naude

Drie maal een is een - Piet Naude

Regular price R 30.00 ZAR
Regular price Sale price R 30.00 ZAR
Sale Sold out
Shipping calculated at checkout.

between medium & large paperback - moderate wear, sticker on front cover

Die logika van getalle sê drie maal een is drie. Die logika van die geloof sê egter drie maal een is een. Want God is Een, maar tog ook Drie. Hierdie boek maak nie van geloof ‘n koue logiese dogma nie, maar vertel in die eerste deel liewer van ‘n reis saam met God. Fragmente uit die skrywer se eie lewe word as’t ware ‘n “skets van God” wat saam met ons op weg is.

“Dis ganseiers wat uitbreek; dis skape wat lam; dis amandel-
en perskebome wat bot en bloei; dis Ma wat konfyt kook:
alles prente van ‘n lewensgewende God.”

In die tweede deel word oor hierdie God nagedink en gewonder. Hoe kan ons ons fokus op God hou as God self op die spel is? Hoe kan ons met die Bybel omgaan sodat ons God helderder kan sien? En wat sê dit alles vir kerke vandag?

“Koos Kombuis se Secret Diary of God, die Nuwe Hervormers se
geskrifte en toesprake, flieks soos The Passion of the Christ, briewe in
die Beeld en Kerkbode en elders is almal vorme van verantwoor-
ding doen. Met geweld hier inbinden—nogal in die Naam van die
Here en die kerk—doen skade aan die breedte en wydte van wie God
is. Dit beteken nou nie alles word huidig en nuidig opgeëet nie.
Ons glo daarom ook nou nie van gister af nie …”

Hier is ‘n nuwe genre in ons geestelike leesstof in Afrikaans: persoonlike vertellings, Bybeldelte en huidige gesprekke oor God word ineengevleg in ‘n hoog leesbare en verdiepte geestelike ervaring.

View full details