Skip to product information
1 of 2

Belle's Books secondhand books

Duskant die geskiedenis - Frederik van Zyl Slabbert

Duskant die geskiedenis - Frederik van Zyl Slabbert

Regular price R 35.00 ZAR
Regular price Sale price R 35.00 ZAR
Sale Sold out
Shipping calculated at checkout.

'n Persoonlike Terugblik op die Politieke Oorgang In Suid-Afrika

Een ding wat die ‘ou’ en die ‘nuwe’ Suid-Afrika gemeen het, is ‘n passie vir die versin van geskiedenis. Geskiedenis word nie gesien as die onpartydige soeke na wat regtig gebeur het nie, maar eerder as deel van politieke mobilisasie . . . Ek gee vir geen oomblik voor dat ek die `ware’ verhaal beethet van wat in die ou Suid-Afrika gebeur het of in die nuwe Suid-Afrika aan die gang is nie. Wat ek wel weet, is dat beduidende dele van wat deesdae opgedis word nie ooreenstem met hoe ek dit ervaar het nie.

Gewese leier van die opposisie en akademikus dr. Frederik van Zyl Slabbert is ‘n Suid-Afrikaanse ikoon. Hy het ‘n reuserol gespeel in die vreedsame oorgang in die land deur onder meer gesprek met die ANC in ballingskap van stapel te stuur. Sedertdien is hy prominent as politieke kommentator en in die sakewêreld.

Hier vertel hy die oorgangsverhaal — van Dakar tot vandag toe — in sy kenmerkende geselstrant en sonder om doekies om te draai. Hy ontbloot die mites wat deur beide kante gepropageer is, sowel deur De Klerk as Mbeki, en tree direk in gesprek met Mbeki oor rege-ringsbeleid en wat die toekoms vir Suid-Afrika inhou. Duskant die geskiedenis bied lesers ‘n kykie in wat regtig in die binnekringe van die politiek aangaan.

View full details