Een nag in Rome - Monica Coetsee
Een nag in Rome - Monica Coetsee
Couldn't load pickup availability
Share
Medium hardcover, very light cover wear
Met ’n gebroke hart en haar vertroue in die mensdom aan flarde klim Erika op ’n vliegtuig Europa toe. Sy moet weer in die hoofstroom kom, weer deelneem, soos ’n vriendin aanbeveel het. Behalwe die vrolike vriende wat sy op die toer ryker word, is daar een wat haar seer hart salf en gesond maak – Richard Kingsley, die toergids. Maar kan sy hom vertrou? Pyl sy nie maar weer op ’n afgrond af nie? Hy is veel ouer as sy, so wêreldwys. En daar is een vrou met wie se lis sy nie rekening gehou het nie . . .
Met haar eerste roman neem Monica Coetsee die leser saam op ’n reis deur ses lande in Europa; na plekke waar die landskap, die geskiedenis, en onvoorwaardelike vriendskap meewerk tot die genesing van ’n gekneusde gemoed – en die liefde oor grense heen nuwe lewe gee.
