Skip to product information
1 of 3

Belle's Books secondhand books

Ek's g'n Slams - Fatima

Ek's g'n Slams - Fatima

Regular price R 40.00 ZAR
Regular price Sale price R 40.00 ZAR
Sale Sold out
Shipping calculated at checkout.

Ek's g'n Slams is op die oog af die gewone verhaal van 'n gewone vrou: haar kinderjare, haar huwelik, haar worsteling met die geloofsgemeenskap en kultuur
waarin sy grootgeword het en haar stryd met akute depressie, maar in die hande van Fatima Dawood en deur haar uitsonderlike gebruik van Afrikaans soos die taal gepraat word van Distrik Ses tot by die evangeliese Christene in Oudtshoorn, word dit 'n unieke boek.

Dawood word in 'n streng Moslem-Indiërhuis groot en skop van kleins af teen die prikkels van streng ortodokse geloofsreëls wat haar as vrou aan bande lê. Dié tema word verder uitgebou deur die verhale van ander vroue in Dawood se kring, soos dié van haar suster, Aisha, wat as jong tiener deur hul pa aan 'n neef in Mekka as bruid gegee word.

Tussen al dié vroueverhale deur word Dawood s'n een van individuasie. Sy kies self haar man, Asif - net soveel, selfs meer, as reddingsboei uit haar streng ouerhuis, as om homself. In die jare daarna word dié huwelik 'n spanningsveld tussen Asif se chauvinisme en Fatima, uiteindelik met kort gesnyde hare en stywe jeans, se sin vir onafhanklikheid en vryheid.

Terselfdertyd bied die boek 'n ryk geskakeerde beeld van die Moslemkultuur, met onder meer 'n beskrywing van Ramadaan wat die leser laat voel hy of sy skuif die voete ook aan die einde van die dag se vas onder Mama se tafel in. En skrams, van die kantlyn af, is daar plek-plek die Westerlinge se verwondering, onkunde, vooroordeel selfs, oor die vreemde wêreld van die 'Slamse'.

'n Groot verskeidenheid lewensgetroue karakters tree bladsy vir bladsy na vore, van die bose tot die beste, en elkeen met sy of haar eie 'stem'. Mama se stem is so eg en uniek soos dié van die evangeliese Christensusters in George en Oudtshoorn. Kos is natuurlik ook kultuur, en Fatima se kennis van Kaaps-Maleise-Indiese disse voeg nog 'n dimensie tot die boek toe.

En immer, soos 'n mineure ondertoon, is daar in veral die tweede helfte van die boek die tema van depressie. Ondertoon bly dit nie: die crescendo wat dit in enkele tonele bereik is van die ontstellendste en bes geskrewe dele in die boek, wat van begin tot einde deur uitsonderlik goeie skryfwerk gekenmerk word. Die verloop en uiteinde daarvan is eweneens uniek en strek wyd oor kulture heen.

Paperback

 

View full details