Skip to product information
1 of 2

Belle's Books secondhand books

Elita - Martie Retief Meiring

Elita - Martie Retief Meiring

Regular price R 25.00 ZAR
Regular price Sale price R 25.00 ZAR
Sale Sold out
Shipping calculated at checkout.

Dit was genoeg om enige rasegte Afrikaner in jou rooibostee te laat stik: dié Afrikaner, ’n “Dopper” met Afrikanerwortels wat terugstrek tot by die Hugenote, ’n geleerde en gesiene man – hy was staatspresident, verdomp! – gaan van sy ewe stoere Afrikanervrou skei.

Dis nie al nie: Daar is ’n “ander vrou”, getroud met een van sy beste vriende. En sy is ’n uitlander, ’n Griek. A nee a!

Toe die nuus van FW de Klerk se egskeiding en sy verhouding met Elita Lanaras die media bereik, is die “storie” met groot belangstelling gevolg en is daarop hardop gewonder: Wie is dié Elita buitendien?

Martie Retief Meiring het ’n boek geskryf om hierdie vraag te probeer beantwoord. Sy gaan haal haar storie by Elita se voorsate en trek dit deur tot waar Elita en FW de Klerk vandag rustig teen die hang van Leeukop woon.

Ons leer Elita ken as ’n eiewys dogtertjie. Op negentien trou sy met ’n skeepsmagnaat, Tony Georgiadis, en ontluik in ’n effens bygelowige, intelligente, belese en berese vrou met goeie smaak en ’n wye kennis, veral wat kuns betref. Natuurlik fokus die grootste deel van die boek op Elita, nou reeds in haar vyftigs, se ontluikende liefdesverhouding met FW de Klerk. Hulle kon nie langer hul gevoel teenoor mekaar ontken nie, maar albei was getroud. Om te skei was buite die kwessie. Albei was steeds lojaal aan hul onderskeie lewensmaats en daar was ander struikelblokke: geld, die reaksie van hul families en vriende en kerkgemeenskappe, die openbare mening.

Maar die liefde laat hom nie keer nie …

View full details