Geesgedrewe Gelowiges - Piet Naude
Geesgedrewe Gelowiges - Piet Naude
Couldn't load pickup availability
Share
Medium paperback
Afrikaans Christelik, Nie-Fiksie
Wat doen ’n predikant of pastoor wat in ’n gemeente vasgeloop is en nie weet watter kant toe nie?
Wat doen kerke waar alles op die oog af goed gaan, maar waar bruisende lewe net nie meer dáár is nie? Of ’n gemeente wat opreg na eenheid en versoening soek, maar wat telkens ervaar hoe die een struikelblok na die ander voor hulle opduik? Wat doen individuele Christene wat in die geloof “oorleef”, maar sonder verwagting of visie? Wat maak dat hulle die moed behou om te sê: Ek/ons gaan wéér probeer?
Dit mag help om maar weer te gaan kyk hoe die eerste Christengemeente, aangevuur deur die verstommende eerste Pinkstergebeure, geglo en geleef het. Om te gaan kyk na die wonderlike blydskap en genesing en groei wat die Gees kan bring, tóé – en vandag nog! En wie beter om die leser te begelei op die speurtog deur die boek Handelinge en ander Bybelgedeeltes as Piet Naudé, bekende teoloog, bestuurskundige, spreker en skrywer? ’n Man met ’n oog vir vandag se vrae en probleme.
Soos gewoonlik praat Piet padlangs:
Daar is selfversekerde gemeentes waar God net ’n voetnoot geword het by hulle strategiese beplanning, deftige geboue en geleerde predikante. Daar is selfversekerde Christene wat met ’n glimlaggie terugkyk na hul naïewe verlede, toe hulle nog geglo en gebid het …
En soos gewoonlik praat hy ook met bewondheid:
Kom ons skep in Godsnaam vir mekaar stukkies hemel op aarde … Kom ons leef weer as Geesgedrewe gelowiges, sodat mense van buite na die kerk sal kom en sê: “Ons wil met julle saamsaan, want ons het gehoor God is by julle …”
GEESGEDREWE GELOWIGES is bedoel vir mense en gemeentes wat nuwe hoop, herstel en heelmaking soek.
