Geheimenis van die Langberg - Ann Hite Kemp
Geheimenis van die Langberg - Ann Hite Kemp
Couldn't load pickup availability
Share
VOETSTOOTS
'n Olifantbegraafplaas, met miljoene rande se ivoor, lê iewers in die omgewing van Olifantshoek versteek. Gregory Randall, 'n verkenner in die Kaapkolonie in 1816, se dagboek eindig egter onheilspellend stompaf. Wat hét gebeur dat daar geen spoor van hom oorgebly het nie? Rus daar dalk werklik 'n vloek op die kaart wat die skat aandui? Weet die toordokter en die medisynevrou dalk meer as wat hulle voorgee?
Celia Dry, die aanvallige plaaslike veearts, se lewe word skielik drasties verander deur 'n Britse argeoloog, voorvadergeeste, 'n lelike ou stukkie vel, moord, 'n kruis – en haar forse, nuwe plaasbestuurder.
GEHEIMENIS VAN DIE LANGBERG is 'n fees van 'n verhaal. Al die afsonderlike intriges kom meesterlik bymekaar en vloei ineen tot 'n fassinerende avontuurverhaal, wat jou van begin tot end sal boei.
