Skip to product information
1 of 7

Geur van Jasmyn - Betsie Delport

Geur van Jasmyn - Betsie Delport

Regular price R 5.00 ZAR
Regular price Sale price R 5.00 ZAR
Sale Sold out
Shipping calculated at checkout.

VOETSTOOTS

Toe Elna Roos se werkgewer, Jaap Botha, wat die eienaar van ’n kunsgalery is, haar die opdrag gee om na die Putter-landgoed te gaan om twee skilderye te waardeer, en te bevestig dat dit eg is, het sy gemeen dit is net maar nog ’n taak.

Tot ’n mate was sy bly oor die opdrag, want dit sou haar ’n rukkie uit haar omgewing neem — en weg van Sarel met wie sy pas haar verhouding verbreek het.

Maar Elna het in haar wildste drome nie verwag om dit wat sy op Wittendal sou beleef, deur te maak nie.

Sy ontmoet die eerste dag nog die geneesheer, dokter Eduard Bosman wat tydelik op die Putter-landgoed woon waar hy besig is met navorsing van die voorkoms van sekere siektes onder kinders uit die laer inkomsteklas.

Sy ontmoet vir Johan Putter, die eienaar van die fortuin en sy ontmoet sy moeder, Mevrou Putter, wie se woord klaarblyklik wet is.

Johan was tevore getroud en na sy vrou se dood, het hul dogtertjie, Annemarie, maar redelik eensaam gebly. Sy en Elna word nou baie goeie vriende en tussen Elna en Johan Putter ontstaan ook ’n hegte vriendskap.

Aanvanklik irriteer Eduard Bosman haar van begin tot einde, maar heel gou word haar aandag in beslag geneem deur ander dinge. Byvoorbeeld die gevoel wat sy kry dat die skilderye miskien nie eg is nie en dat oom Anton Villiers, wat dit wil koop, straks die ontsaglike som geld in die water gaan gooi. Ook is daar die geheimsinnige toringkamer waaruit almal probeer om haar te hou en waarvan almal haar aandag probeer af trek.

En dan is daar die blits­snelheid waarmee Johan se humeur soms kan opvlam. En die warmte wat sy, téénsinning, later in Eduard Bosman se stem begin agterkom — en geniet.

GEUR VAN JASMYN is ’n heerlik-ontspannende roman

 

 

View full details