Skip to product information
NaN of -Infinity

Griet skryf 'n sprokie - Marita van der Vyver

Griet skryf 'n sprokie - Marita van der Vyver

Regular price R 45.00 ZAR
Regular price Sale price R 45.00 ZAR
Sale Sold out
Shipping calculated at checkout.

Medium Hardcover

Griet skryf ’n sprokie is die verhaal van Griet Swart, wat deur die traumas van miskrame, kindersterfte en egskeiding gedryf word tot die punt waar sy een aand haar kop in ’n gasoond druk. ’n Dooie kakkerlak in die oond red haar, want vir die res van die aand maak sy oond skoon.

As terapie raak haar shrink haar aan om oor haar ervarings te skryf. En só kry die storie van Griet gestalte, ’n storie van seerkry en woede, maar verlig deur haar onvernietigbare sin vir humor. Terwyl sy die lang pad van genesing loop, bly sy halsstarrig glo in ’n wonder – dat sy, soos Grietjie, aan die behekste donkerbos sal ontkom, en dat sy haar prins sal vind.

Griet skryf ’n sprokie is onteenseglik een van die bekendste én mees opspraakwekkende boeke in Afrikaans! Met sy skerpsinnige puntigheid, humor en gloeiende sensualiteit is dit ‘n boek wat met sy verskyning in 1992 die erotiek in Afrikaans óópgeskryf het.

View full details