Skip to product information
1 of 6

Hansie Cronje - Garth King

Hansie Cronje - Garth King

Regular price R 45.00 ZAR
Regular price Sale price R 45.00 ZAR
Sale Sold out
Shipping calculated at checkout.

Large paperback, moderate wear, taped spine - see photos

Hansie Cronjé se wêreldwye gewildheid het gespruit uit sy vrolike, ongekunstelde benadering tot die lewe en ’n betowerende sjarme wat die meeste mense wat met hom te doen gekry het, se harte gewen het. Sy gemaklike omgang met die publiek het hom geliefd gemaak onder meer as net krieketgeesdriftiges. Hansie se glansryke leierskap was die gevolg van ’n ingebore aanleg vir sport, ’n buitengewone vegtersinstink en ’n genadelose toewyding aan persoonlike sukses en sportmanskap. Die feit dat hy ’n uitgesproke Christen was, het sy omstrede betrokkenheid by die Indiese dobbelmafia selfs meer opspraakwekkend gemaak.

Ná beskuldigings van wedstrydknoeiery en ander onreëlmatighede en sy dramatiese bekentenis in 2000, is Hansie brutaal voor ’n regstreekse televisiegehore wêreldwyd aan die kaak gestel en toe sonder meer deur die Verenigde Krieketraad van Suid-Afrika verbied om enigins verder by krieket betrokke te wees.

Twee jaar later het hy in ’n vliegongeluk in die Outeniekwaberge gesterf.

Hansie was van 1992 tot 2000 ’n lid van die Suid-Afrikaanse krieketspan. Hy was die nasionale kaptein vanaf November 1994 tot 11 April 2000 en het in 68 toetswedstryde gespeel, 53 daarvan as kaptein. Hy het 138 van die 188 internasionale eendagwedstryde waarin hy Suid-Afrika verteenwoordig het, aangevoer. 99 van hierdie eendagwedstryde onder sy kapteinskap was oorwinnings. Op een stadium was hy die jongste lid van die span – en die kaptein. Sy loopbaan as beroepspeler het begin toe hy net 18 was en het geëindig toe hy 30 was. Volgens die statistieke is hy Suid-Afrika se grootste krieketkaptein ooit.

 

View full details