Huilwater - LJ Bothma
Huilwater - LJ Bothma
Couldn't load pickup availability
Share
'Louis Bothma kán skryf', sê resensente soos Koos Kombuis en Frans-johan Pretorius, maar hy het ook as storieverteller sy kleim afgesteek. Huilwater is 'n bundel van 30 lekkerlees-stories. Dit bou voort op Losbaadjiesak, Bothma se versameling stories in die langpad wat in 2011 verskyn het.
Hy vertel van sy kindertyd in die Boesmanland, studentejare en -vriende, loopbaan as dosent in ekonomie, betrokkenheid by projekte in Angola, Rondkyk Toere saam met vriende deur die Kalahari en Namibië, en interessante karakters wat sy lewenspad gekruis het.
Vir rugbyliefhebbers is daar 'n vuis vol stories wat die tone sal laat omkrul van lekkerte. Die legendariese Frik du Preez duik oral op. Jimmy Young foeter die All Blacks, Jan Tromp pak 'n 'tier' met sy kaal hande en Griekwas wen die Curriebeker. Lees die storie agter daardie beroemde Drie van Mannetjies Roux waaroor Laurika Rauch se oom steeds praat en hardloop Die Marathon saam met die skrywer deur Bloemfontein se strate.
Medium Paperback
Wear: Moderate - light spine wear