In die somer van '36 - Klaas Steytler
In die somer van '36 - Klaas Steytler
Couldn't load pickup availability
Share
Medium to large paperback, see photos of spine - yellowing pages
Die soel jong vrou uit die Boland steek argeloos ‘n vuur aan wanneer sy in die somer van 1936 as ’t ware soos ‘n godin uit die lae wolke op die afgeleë dorp K- in die Vrystaat neerdaal. Sy is anders: sterk blas, intelligent, heldersiende. En haas geen man kan sy hande van haar af hou nie.
Op K- heers ‘n selfvoldane orde van Kerk en Gereg, mans en vrouens, bodorp en onderdorp en swart buurt. Elkeen ken sy plek, want die reëls is duidelik. Maar dié smeulende vrou laat mense reëls oortree, en wanneer één skiet gee, sidder die geheel.
En hoe verontwaardig raak die waardiges nie wanneer hulle in die vere – of in blakende daglig – betrap word! Van seks word nie op K- gepraat nie, maar die geskarrel tussen swyg en doen raak ál hewiger, soos ‘n tergspel, tot die masker afgeruk word.
In die somer van ’36 is die Anglo-Boereoorlog nog in eie heugenis, terwyl die volgende oorlog reeds dreig. Magte van onder af voer op K- ‘n stryd teen die orde van bo. Onder die skrywer se aweregse kyk word die tyd en plek op só ‘n wyse afgesonder dat die lees met ‘n skok herkenning bring, en deernis, en ‘n vereenselwigende lag.
Klaas Steytler ken sy mense deur en deur, hy klee hul mites in vlees en bloed en laat hulle kaalvoet in die Vrystaat dans vir iedereen om te eien. Sy fyn insig en waarneming en sy kenmerkend sardoniese humor maak van In die somer van ’36 een van die onthullendste, genietbaarste romans in Afrikaans
