Karin, Karina - Susanna M. Lingua
Karin, Karina - Susanna M. Lingua
Couldn't load pickup availability
Share
Medium Hardcover
Karin en Karina Hansen is ’n identiese tweeling, maar hul voorkoms is omtrent al ooreenkoms tussen die twee. Karin is ’n tegnikus wat met haar hande werk, Karina ’n gesogte en snobistiese internasionale model.
Karina verloof haar aan ’n streep rykes, net om hulle te los en die duur diamantringe te hou. Een van die ongelukkige slagoffers van haar hebsug is Roberto Romano, ’n gesiene man van Sicilië af – die bakermat van vendettas om familie-eer te beskerm.
Roberto se stiefbroer, Severino Travanti, neem hom voor om Karina vir haar harteloosheid en hebsug te straf volgens die vendettatradisie. Maar die meisie wat hy aan ontberings blootstel, is Karin, en nie die hebsugtige Karina nie …
Dit is die tema van Susanna M. Lingua se laaste boek. Dié geliefde skryfster stel in hierdie verhaal, waarmee sy tot kort voor haar dood besig was, weer eens nie haar talle bewonderaars teleur nie. Dit is ware ontspanningslektuur in die Lingua-tradisie, wat nie misgeloop moet word nie.
