Katswink - Cecile Cilliers
Katswink - Cecile Cilliers
Couldn't load pickup availability
Share
Medium paperback, cover has a bent crease mark, stamps inside front cover and first page, yellowing pages
’n Diep nuuskierigheid oor alles wat menslik is, die hartsbehoefte om rekenskap te gee van ’n ryke verskeidenheid van ervarings – dít, bevestig Cecile Cilliers opnuut hier in Katswink, is die onontbeerlike instelling van die essays. Met priemende blik pen sy die hebbelikhede van dese en gene vas – van die Lavernes wat lustig spreuke op kussings borduur al kan hulle nie spel nie, tot die Joodse ouma wat aan haar kleinkind verduidelik dat sy maar altyd met ’n dubbele shalom groet omdat sy nooit seker is of sy kom of gaan nie.
Met ’n aanslag wat wissel van subtiel humoristies tot onverskrokke, van liries tot pront, hekel sy die Afrikaanse skrywers oor hul dún bundeltjies; kasty sy dié wat waag om oor taal en kultuur te kla terwyl hul self nie lees of kunsgalerye besoek nie; simpatiseer sy met die vroue wat o so bang is; bieg sy dat haar hart swaar hang aan dit wat sy besit; wens sy vir ’n towerkryt waarmee sy binne “die vertoingde bestaan van dié dekade” ’n bal en ’n blom en die begin van ’n eindelose sprokie kan teken.
En deurentyd nooi sy die leser met ruimskoetse selfironisering:
“Kom lag saam met my.”
