Skip to product information
1 of 4

Kelder - Gerda Taljaard

Kelder - Gerda Taljaard

Regular price R 45.00 ZAR
Regular price Sale price R 45.00 ZAR
Sale Sold out
Shipping calculated at checkout.

Medium paperback

Esmeralda is ‘n skrywer van liefdesverhale. Sy is suksesvol, maar sukkel met skrywersblok. En dan word sy besoek deur ‘n verhaal: Dit is die verhaal van ‘n meisie – nog bogkind – wat vyftig jaar tevore op ‘n plaas ‘n string babas gehad het en almal, behalwe een wat na geboorte aangeneem is, doodgemaak en naby die plaashuis begrawe het.

Die verhaal gryp haar en ruk haar dat haar tande klap. Sy het geen verweer nie, sy moet Sus Niemand se storie skryf. Is die Sus Niemand wat so by Esmeralda spook ‘n versteurde moordenaar? Is sy bloot die slagoffer van bloedskande en veragtering? Hoeveel weet Sus van wat met haar gebeur, en watter aandeel het sy daaraan?

In haar kreatiewe herskepping van Sus se verhaal kom Esmeralda agter dat die meisie kort-kort haar toevlug tot die plaashuis se kelder geneem het waar sy relikte ontdek het van ‘n vrou wat ‘n halwe eeu tevore daar toegesluit is – briewe, foto’s en graffiti. Maar waarom word Esmeralda so aangegryp deur Sus se verhaal, waarvan sy die basiese besonderhede in ‘n koerantberig gekry het?

Wat is dit in die kelder van Esmeralda se gemoed wat haar so ontvanklik maak vir die verhaal van ‘n klomp kindergraffies op ‘n plaaswerf? ‘n Aanduiding van die oorsprong van Esmeralda se bemoeienis is dat haar verhaal oor Sus Niemand ook die verhaal word van haar verhouding met haar seun, Benjamin. Dit is ‘n holderstebolder verhouding wat tuimel tussen hewige konflik en tere toegeneentheid.

Ma en seun se kleurryke en allermins konvensionele liefdeslewe speel hierin ‘n groot rol, en die heerlik guitige uitbeelding daarvan, die vlymskerp satire van alles, van volksmites tot die popkultuur, word die agterdoek vir Sus Niemand se donker verhaal. Vertellend peil Esmeralda Sus Niemand se donker dieptes, en vertellend kom sy nader en nader aan ‘n openbaring van wat in haar eie kelder verberg le.

View full details