Koffietroos & Kruisgenade - Willie van Rooyen
Koffietroos & Kruisgenade - Willie van Rooyen
Couldn't load pickup availability
Share
M-L Paperback , writing on inside cover
Christelike Nie-Fiksie
Koffietroos & Kruisgenade
KOFFIETROOS
Waar nog is daar ’n plek soos ’n coffee shop om jou oor te gee aan die troos van ’n koppie koffie?
Waar nog is daar die spesiale ruimte van ’n coffee shop om te gaan sit en peins en beplan – om in te haal waar jy agter geraak het?
’n Coffee shop kan baie doen vir ’n moeë siel.
Maar ongelukkig is die terapie van ’n coffee shop nie blywend nie. Jy moet terugkeer. Jy moet die gevoel weer naspoor. Jy word teruggelok – al is dit deur die cinnabun en die kaaskoek.
Daar is egter ’n terapie wat meer blywend is as die behaaglikheid van coffee shops.
Dis nie nút nie, dis órbekend. Dis die kruis van Jesus Christus.
KRUISGENADE
Waar anders kan ’n mens saam huil?
Waar anders kan jy in verwondering opsien na ’n ware Vriend?
Waar anders is daar hoop?
Iets wat nooit sal verander nie, is die troos wat die kruis van Jesus Christus bring. Hierdie waarheid is nie maar ’n bietjie koffiekapitaal wat jou beter sal laat voel nie. Dit is permanent – ewig.
In Koffietroos en Kruisgenade neem Willie van Rooyen jou na anderkant die adrenalienvlakke van ’n paar gram kafeïen – na die kruisgenade van God, op die pad van troos en ware lewe. God het nie in die vorige millennium afgebyl nie. Sy liefde en genade hou ons op koers, laat ons op vaste voete staan en help ons om uit te rank bokant die blaas dinge van elke dag.
Geniet jou koppie koffie! Maar laat die kruisgenade van God oor jou spoel en jou blyby – ook wanneer die koffie koud en bitter geword het.
