Skip to product information
1 of 3

Kom skuil by my - Karin Smith

Kom skuil by my - Karin Smith

Regular price R 25.00 ZAR
Regular price Sale price R 25.00 ZAR
Sale Sold out
Shipping calculated at checkout.

Medium Hardcover, cover has very light wear 

Chrisma was jare lank gewoond aan alleen wees, op haar eie aansukkel, aan wegkruip. Sy was gewoond aan ’n eensame, karige bestaan in die stad. Daarom koester sy haar nuwe lewe op Môregloed, tussen mense wat aan haar behoort, wat vir haar omgee, vir wie sy kan lief wees.

Dis net Pedro, haar plaasbestuurder-neef, wat haar lewe so deurmekaar krap. Sy is al weke lank op die plaas, maar sy het hom nog steeds nie ontmoet nie. Sy sien hom net op ’n afstand, en wat ’n mooi man is hy nie. Hou hy nie van haar nie? Dink hy sy het sy erfplaas onder sy neus weggesteel?

Na die brand in die skuur moet Chrisma aan haarself erken dat haar hart nie meer haar eie is nie. Maar wat help dit tog dat sy Pedro liefgekry het? Hy gaan met Selma trou, die pragtige vrou wat op die buurplaas woon.

View full details