Skip to product information
1 of 3

Belle's Books secondhand books

Kranse van gevonden - Herna de Villiers

Kranse van gevonden - Herna de Villiers

Regular price R 25.00 ZAR
Regular price Sale price R 25.00 ZAR
Sale Sold out
Shipping calculated at checkout.
Die eensaamheid gaan haar versmoor na haar moeder se dood, het Delia Maree geweet. Sy moes wegkom, gaan vakansie hou ver van Johannesburg af, waar sy nuwe mense kan ontmoet. Die drukkersduiwel lei haar Hoogland toe, en midde-in n familie en spoghuis waar liefde en haat, vreugde en vrees voortdurend soos n pendule tussen die inwoners swaai. Dokter Abel Landman ly aan geheueverlies en is aan n rolstoel gekluister nada thy van n krans afgeval het – of het iemand hom dalk afgestamp? En hoe het Jacomina, sy amper-verloofde, gesterf? Was die motorongeluk inderdaad n ongeluk? Wie se baba het Jacomina verwag? Abel s’n? Is Gezina werklik verstandelik versteurd en daarop uit om almal op Gevonden te vernietig? En Japie Landman se buitengewone liefde vir sy seun - kan dit natuurlik wees? Di is enkele van die kwelvrae wat Delia treiter, terwyl sy boonop worstel met die moontlikheid dat die liefde wat stil-stil in haar hart kom kruip het, dalk ontbeantwoord sal bly.
View full details