Skip to product information
1 of 3

Laslap en Kwilt

Laslap en Kwilt

Regular price R 35.00 ZAR
Regular price Sale price R 35.00 ZAR
Sale Sold out
Shipping calculated at checkout.

Hierdie boek bring hulde aan die Suid-Afrikaanse kwiltgeskiedenis en die top kwilters in Suid-Afrika. In Suid-Afrika is kwiltwerk nie so deel van ons kultuurgeskiedenis soos wat dit byvoorbeeld in Amerika of Engeland is nie maar dat dit ryk is, is nie te betwyfel nie. Die witgestyfde en gekwilte kappies wat vrouens tydens die pioniersdae in Suid-Afrika gedra het, vorm inderdaad een van die hoogtepunte van volkskuns in ons land. Een van die oudste laslapdekens dateer uit die jare 1805 tot 1806 en is in die Drostdy Museum in Swellendam te sien.

Die Suid-Afrikaanse kwiltersgilde het op 15 van hierdie erfeniskwilte of artikels in museums besluit, waarna drie topkwilters per erfeniskwilt genooi is om hulle interpretasies daarvan weer te gee. Elke erfeniskwilt het dus tradisionele, 'n innoverende en kunsinterpretasies. Binne drie maande het 45 kwilters met ongelooflike kunswerke te voorskyn gekom wat in hierdie boek te sien is en ook gemaak kan word.

Die volgende word ingesluit:

- 15 Erfeniskwilte met elkeen se kort geskiedenis
- 45 inpirerende kwiltblokke
- 45 topkwilters met hulle agtergrond en hoe hulle by hulle ontwerp uitgekom het
- Die patroon en stap-vir-stap metode van elke kwiltblok

Paperback. Moderate Wear. 

View full details