Skip to product information
1 of 4

Legende van die liefde - Annelize Endres

Legende van die liefde - Annelize Endres

Regular price R 25.00 ZAR
Regular price Sale price R 25.00 ZAR
Sale Sold out
Shipping calculated at checkout.

Medium hardcover

’n Skrale sewe dae na Imilda, ’n Suid-Afrikaanse dokter, en Gerald, ook ’n dokter en Nazi-spioen, se troue in Roemenië met die uitbreek van die Tweede Wêreldoorlog, word hy Noord-Afrika toe gestuur. Hy raak heeltemal ontnugter in die Duitse droom en moet eindelik vir sy lewe vlug die woestyn in.
Toe hy hoor dat Imilda doodgeskiet is toe sy na hom kom soek het, aanvaar hy leierskap van die Toerangs, die rykste woestynstam, en word hy die geliefde sjeik Gilja. Sy verlange na Imilda vreet elke dag aan hom, en juis daarom verstaan hy nie sy onverklaarbare aangetrokkenheid tot die versluierde vrou van die wrede sjeik Anoed nie. Daar is iets só bemind-bekend aan sjeika Milja se trotse houding.

Vier jaar later eers sou sjeik Gilja sy vinger kon lê op wat presies aan sjeika Milja hom so aangetrek het...

Legende van die liefde is ’n sonderlinge debuutroman deur Annelize Endres. Dit is die ryk, diep verhaal van twee mense se liefde wat ’n oorlog oorleef en nasies se vyandskap oorbrug; ’n liefde wat deur niks en niemand vernietig kan word nie.

View full details