Lekkerkry met Limerieke en Limeryme - Fanus Rautenbach
Lekkerkry met Limerieke en Limeryme - Fanus Rautenbach
Couldn't load pickup availability
Share
small - medium paperback, yellowing pages - moderate wear
Almal weet wat 'n limeriek is, maar wat is 'n limerym? 'n Limerym is nie 'n limeriek nie, is nie 'n gedig nie, maar is meer as 'n rympie.
Dit is na genoeg. Soos:
Ek glo dit nie,
ek weier:
die grootste gogga op aarde
is die hippopotamiskruier?
en:
Ons het twee latrines:
een krip, en een kan.
Die kan se naam is piep-my-vrou,
die krip: piep-my-man!
en:
Kom vry die Boere sit-sit so;
hulle sal nie staan en ouers vra nie:
nee, hulle gaan eers lê
voordat hulle ouers sê.
En 'n limeriek lyk mos so:
Die mis moet grof en die grond moet fyn wees;
jy moet kennis hê en Kristo se boek lees;
vir tuinsukses
hierdie kleurryke les:
vir groen vingers moet jou knieë bruin wees!
en:
Daar was 'n jong werker van Krygkor
kry kruït sonder twak aan sy hangsnoer;
met 'n sigaret in sy bek
wou hy 'n vuurhoutjie trek;
daar was 'n jong werker van Krygkor ...
