Liefde in die laatsomer - Renate Roux
Liefde in die laatsomer - Renate Roux
Couldn't load pickup availability
Share
Medium hardcover
Lorita word deur haar man verneuk en hul huwelik beland op die rotse. Haar vertroue in mans is wat haar betref vir ewig geskend.
Sy gaan werk ’n paar weke in die Kaap en ontmoet daar weer haar skoolkêrel wat op dieselfde projek as sy werk. Daar is steeds ’n vonk tussen hulle, maar Lorita is huiwerig om weer by iemand betrokke te raak.
Toe sy een middag op die strand gaan draf, beland sy pens en pootjies in die branders nadat sy oor ’n bal gestruikel het. Die aantreklike “lewensredder” wat met sy hond gespeel het, kom dadelik tot haar redding en Lorita se gevoelens ry wipplank: die een oomblik voel sy aangetrokke tot die man, en die volgende oomblik is sy woedend vir hom…
Renate Roux se debuutroman is ’n heerlik ontspanne verhaal vol romanse.
