Liefde is 'n Keuse
Liefde is 'n Keuse
Couldn't load pickup availability
Share
Liefde is 'n keuse is 'n omvattende handleiding oor die aard, oorsake en oorwinning van medeafhanklikheid (die verslawing aan mense, gedragspatrone of dinge). Die volgende aspekte van medeafhanklikheid word in detail, maar in maklik verstaanbare taal verduidelik: Wat presies medeafhanklikheid is; Die oorsake van medeafhanklikheid; Die faktore wat medeafhanklikheid laat voortbestaan; Hoe medeafhanklikheid interpersoonlike verhoudings beinvloed; Die tien stadiums van herstel. Elkeen van hierdie aspekte word toegelig deur middel van diagramme en gevallestudies. In die laaste afdeling word lesers begelei deur die verskillende stappe van herstel met 'n praktiese, simpatieke aanslag. Hierdie stappe sluit 'n nuwe dimensie in: die besef dat God se onvoorwaardelike liefde die antwoord op ons diepste emosionele behoeftes en smagting na liefde is. Hierdie boek sal ook vir pastors, beraders en familie of vriende van die medeafhanklike van onskatbare waarde wees.
Paperback. Moderate to Considerable Wear