Liefde met deernis - Elsa Drotsky
Liefde met deernis - Elsa Drotsky
Couldn't load pickup availability
Share
Medium hardcover - cover has light wear
name writing first page
Na haar verlowing aan Werner Malan, saam met wie sy by die universiteit werk, doen Nanette Ahlers aansoek vir ’n pos by Reklame 2000 omdat sy dit raadsaam ag om nie by dieselfde plek te werk as haar man nie. Kort daarna word sy egter besoek deur ’n swanger vrou wat sê dat sy Werner se kind verwag.
Die skok van Werner se ontrou is so fel dat Nanette aan depressie begin ly. Sy besef dit egter nie. Een aand verloor sy heeltemal tred met die werklikheid.
Haar werkgewer, Conrad Verduyn, ontferm hom oor haar. Hy het tot haar aangetrokke gevoel van die eerste oomblik wat hy haar gesien het. Maar die beeldskone, verleidelike Alisia Bruwer het lankal besluit dat sy Conrad wil hê, en sy sal enigiets doen om te keer dat iemand in haar slaai krap. Nanette se weerloosheid word vir haar ’n gerieflike wapen.
Wie sal wen – Alisia met haar slinksheid, of Conrad met sy deernis? Hierdie bemoedigende verhaal beloof ure se leesgenot!
