Skip to product information
1 of 3

Liefde per ooreenkoms , Chenel Pieterse-Boyle

Liefde per ooreenkoms , Chenel Pieterse-Boyle

Regular price R 35.00 ZAR
Regular price Sale price R 35.00 ZAR
Sale Sold out
Shipping calculated at checkout.

Medium paperback - 2 in stock 

Op pad na Drie Ankers waar die vieste en vroulikste Jo van Niekerk pas aangestel is as plaasvoorman, kry haar bakkie ’n pap band. Terwyl sy spartel om die noodwiel aan te sit, kom die forsgeboude Tinus Reeders, eienaar van die plaas, met sy viertrek aangejaag. Hy hou stil en verneem wat aangaan. Sy arrogante, baaspselrige houding staan Jo nie aan nie en sy dreig hom met ’n moersleutel. Maar nadat hy weer in ’n stofwolk verdwyn het, bly daardie deurpriemende groen oë van hom by haar spook…

Toe Tinus agterkom die Jo op die aansoekvorm was toe al die tyd Johanna – die astrante meisiekind wat eiehandig haar voertuig se pap wiel vervang het – was hy bra skepties oor haar boerderybekwaamhede.

Dié twee hardekoppe, uit die staanspoor aangetrokke tot mekaar, se onstuimige verhouding word verder vertroebel deur die koms van ’n speiekoningin uit die stad, wat agter Tinus se bloed en sy geld aan is. En dan is daar ook die vreemde ooreenkoms tussen hom en Jo – wat die verloop van albei se lewens sou verander…

View full details