Liefhê is vir altyd - Maryna van Bergen
Liefhê is vir altyd - Maryna van Bergen
Couldn't load pickup availability
Share
Medium hardcover, name marked out 1st page, yellowing pages
Salomon de Wet sien op ’n dag op pad na sy plaas in die Berg-en-dal-distrik ’n rooi motor langs die pad staan. Toe hy stilhou om hulp aan te bied, word hy eensklaps teruggevoer na die verlede, want die gestrande persoon is Salomé Durandt wat hom ses jaar gelede net voor hul troue in die steek gelaat het.
Die teistering is ook nie verby nadat hy haar weggehelp het nie, want sy kom op Berg-en-dal verpleging doen. En in die daaropvolgende dae word die ou wonde weer oopgekrap.
Salomé en Salomon knoop albei verhoudings met ander mense aan, maar is dit omdat hulle werklik lief vir die ander party is, of is hulle bloot te trots en hardkoppig om te erken dat hulle verkeerd was?
Liefhê is vir altyd is ’n teer mooie liefdesverhaal wat die leser bybly soos ’n aangrypende melodie.
