Skip to product information
NaN of -Infinity

Liefste Catherine - Madelein Kelsey

Liefste Catherine - Madelein Kelsey

Regular price R 15.00 ZAR
Regular price Sale price R 15.00 ZAR
Sale Sold out
Shipping calculated at checkout.

Medium paperback, cover has some light creasing, pages starting to yellow

Die vreemdeling met sy kil, grys oë het ’n opskudding veroorsaak toe hy haar voor die begrafnisgangers met onverbloemde haat aangestaar het. Nou moet Catherine Cordier hoor dat hy Jean Prieur Fourier is – die seun van haar stiefvader – wat na soveel jaar teruggekeer het om sy regmatige plek op La Paris te kom inneem. Hy is aantreklik, maar hy verag Catherine en die nuus dat hy as haar voog aangestel is, maak haar briesend. Sy daag sy gesag uit en hy reageer deur haar te beveel om met Hendryk van Aarde, ’n man wat sy skaars ken, in die huwelik te tree. Catherine het ’n goeie rede om die bevel nie te gehoorsaam nie, maar omstandighede verhoed haar om Jean van sy besluit te laat afsien – omstandighede wat Jean verplig om sy swaard uit die skede te trek en wat Catherine laat wonder of sy haar voorneme van lank gelede om met iemand van haar eie Franse afkoms te trou, sal kan uitvoer.

Liefste Catherine is ’n verhaal vol ou Kaapse romantiek. Dié keer word die leser nie in die balsale van die Kasteel ingelei nie. Hy word geneem tot by die gebeure op die plaas La Paris waar liefde en jaloesie in ’n stryd gewikkel is – ’n stryd tot die dood toe. Dis ’n verhaal vir die leser wat hom laat meevoer deur die gerammel van koetswiele, die skuurgeluid van swaard teen swaard en die soet oomblikke van geluk …

 

View full details