Skip to product information
1 of 3

Marietjie, Maraia, Maryne - Ettie Bierman

Marietjie, Maraia, Maryne - Ettie Bierman

Regular price R 25.00 ZAR
Regular price Sale price R 25.00 ZAR
Sale Sold out
Shipping calculated at checkout.

Medium Hardcover, yellowing pages

Maryne Landman, ’n lugwaardin by Jakaranda-lugdienste, is van die begin af haaks met kaptein Wessel Raubenheimer, bevelvoerder tydens haar eerste buitelandse vlug – na Zimbabwe. Sy beland telkens in die pekel by hom en hy is veral ergerlik oor haar losbol-kêrel, Dries Basson, wat blomme agter haar aanstuur. Hy weet nie dat sy Dries eintlik afgesê het die dag toe hulle uit Suid-Afrika vertrek het nie.

Dan tref nog ’n ramp haar. Tydens ’n Jakaranda-toer raak een van die reisigers besope en vergryp haar byna in ’n poging om sy liefkosings op haar af te dwing. Ná die petalje vrees sy dat sy deur kaptein Raubenheimer afgedank gaan word, want hy vertrek onverwyld na Jakaranda se takkantoor in Harare.

En nog is het einde nie, want by die Victoria-waterval wag daar ’n verrassing op haar, ’n besoeker wat sy in haar wildste drome nie daar verwag het nie. Dit is hy wat haar help om die regte keuse te maak by die kruispad van haar hart.

View full details