Skip to product information
1 of 3

Misverstand in Kammaland - Vera Wolmarans

Misverstand in Kammaland - Vera Wolmarans

Regular price R 20.00 ZAR
Regular price Sale price R 20.00 ZAR
Sale Sold out
Shipping calculated at checkout.

Medium Hardcover, name written first page

Ten spyte van haar welgestelde ouers se teenkanting besluit Lika Scheepers om te bewys dat sy op haar eie voete kan staan. Sy aanvaar 'n pos as ontvangsdame by Kammaland, 'n lieflike vakansieoord aan die Oos-Kaapse kus – maar met die intrapslag al begin dinge skeefloop.

Lika sou egter nog alles kon oorbrug, maar toe gebeur die laaste ding wat sy haar ooit sou kon voorstel: sy raak verlief op die ruwe, aantreklike Schalk Germishuys, mede-eienaar van Kammaland – wat getroud is met die innemende Sandra. Of so dink sy. Om alles nog verder te kompliseer, is die geheimsinnige Fransman Jacques le Verne, wat openlik by haar aanlê, angstig op soek na 'n vyfjarige dogtertjie, wat Lika aflei net Schalk-hulle se klein Nikita kan wees...

Misverstand in Kammaland is 'n lekkerlees-liefdesverhaal vol tergende kinkels wat tot reg aan die einde boei. Die eg menslike emosies en misverstande maak dat die leser maklik met die karakters kan identifiseer. Vera Wolmarans bewys met hierdie verhaal weereens waarom sy een van die gewildste en veelsydigste romanskryfsters is.

View full details