'n Man en sy werk - Patrick Morley
'n Man en sy werk - Patrick Morley
Couldn't load pickup availability
Share
Medium paperback
Jy sal meer as die helfte van die ure wat jy wakker is, by die werk deurbring.
Hier is ’n belofte om dit meer as net jou dagtaak te maak.
Die meeste van ons weet nie regtig hoe om ons geloof by die werk uit te leef nie. Ons het ’n taamlik goeie idee van hoe ons verhouding met God ons geestelik beïnvloed, maar ons is onseker oor wat dit beteken om met Christus te wandel wanneer dit oor ons werk en loopbaan gaan. Die oorgang van Sondag na Maandag is nie altyd so maklik nie. In hierdie praktiese boek ontvou ’n verrassende verhaal oor God se plan vir jou by die werk – ’n plan om jou te “orden” vir wat jy ook al van Maandag tot Vrydag doen.
In ’n Man en sy werk lê Patrick Morley ’n “teologie van werk” uit om jou te help om jou werkslewe in ’n geestelike avontuur te verander. Dit klink dalk verregaande, maar hierdie boek maak dit duidelik hoe jou werk – ongeag jou inkomstevlak of wat jy doen – iets kan wees wat vir jou volkome bevrediging verskaf … ’n loopbaan wat die Here behaag.
In hoofstukke oor “makliker” onderwerpe soos integriteit en gebed en hoofstukke oor “moeiliker” onderwerpe soos geld en prestasie, wys Morley hoe ’n mens jou totale beskouing van jou werk kan hersien. God se manier om jou werk aan te pak, is nie minder van ’n uitdaging nie, maar dit is deur en deur die moeite werd. Laat Morley se gedagtes en die vrae aan die einde van elke hoofstuk jou inlei in ’n heeltemal nuwe manier van dink … en werk.