Skip to product information
1 of 2

Belle's Books secondhand books

'n Tyd om te dans - Karen Kingsbury

'n Tyd om te dans - Karen Kingsbury

Regular price R 35.00 ZAR
Regular price Sale price R 35.00 ZAR
Sale Sold out
Shipping calculated at checkout.

Ontdek die krag van grenslose liefde en toewyding, en die ongelooflike getrouheid van God in ‘n Tyd om te dans. John en Abby Reynolds is die toonbeeld van ‘n gelukkig getroude paartjie. Vriende beny hulle, kollegas bewonder hulle en hul kinders koester die beeld van ‘n ma en pa wat versot is op mekaar.

Hul droom-huwelik is egter ‘n illusie – John staan op die punt van ‘n affair, en Abby is lankal nie meer die meisie van John se drome nie. Hulle is deesdae slegs vreemdelinge vir mekaar, die gelukkige tye iets van die verlede. Hulle beplan om hul kinders oor die egskeiding in te lig tydens ‘n gesinsvergadering, maar hul dogter het nuus van haar eie – sy is verloof!

Abby en John is vasberade om nie haar vreugde te bederf terwyl sy haar troue beplan nie. Namate die troue naderkom, is daar egter baie vrae wat deur hul gemoed spoel: Is hul situasie omkeerbaar? Is dit moontlik dat hulle dalk tog weer ‘n rede kan vind om saam vorentoe te kyk?

View full details